UTATU United Transport and Allied Trade Union

You are here  : Home About UTATU Our Partners
Utatu steun skorsing van TFR se Gama Print E-mail

Van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) het in die vyf maande tot Augustus met 22% geklim, onder meer omdat daar ’n gebrek aan likiditeit van ander kredietverleners is.
 
Die grootste vakbond by Transnet Freight Rail (TFR) het gister die gerugte dat werknemers mnr. Siyabonga Gama se skorsing opgehef wil hê, ontken.

Gama is die hoof van TFR, die grootste afdeling van Transnet. Transnet het hom verlede week geskors hangende ’n ondersoek na beweerde tenderbedrog.

Mnr. Chris de Vos, hoofsekretaris van die United Transport and Allied Trade Union (Utatu), sê die ondersoek na Gama is niks persoonlik nie en gaan oor Transnet en Suid-Afrika se geloofwaardigheid in die oë van die wêreld.

“Wanneer lede van Utatu en Satawu (die South African Transport and Allied Workers Union – Transnet se ander groot vakbond) oortree, moet hulle die gevolge dra en Gama mag nie anders behandel word nie. Transnet speel op ’n internasionale veld en kan nie bekostig om ’n skewe gesig aan die wêreld te vertoon nie.”

De Vos sê Utatu verteenwoordig 57% van TFR se werknemers. Dié vakbond wil hê Gama moet geskors bly totdat die ondersoek afgehandel is.

“Utatu se standpunt is eenvoudig. Mnr. Gama het ’n dissiplinêre rekord nadat hy verlede jaar skuldig bevind is omdat hy toe ook Transnet se dissiplinêre kode oortree het. Na dié saak het Utatu steeds trou aan hom gebly en hom ondersteun omdat ons glo enige werknemer verdien ’n tweede kans. Siyabonga Gama is nou weer eens geregtig op behoorlike verteenwoordiging en ’n regverdige verhoor, net soos enige ander werknemer. Indien hy onskuldig bevind word, moet hy vry wees om sy loopbaan voort te sit, maar sou hy skuldig bevind word, moet hy die gevolge dra.”

De Vos sê die saak strek verder as persoonlike verhoudings of ras en politieke oorwegings. “Iemand in so ’n hoë posisie moet lei deur sy voorbeeld en dit is moeilik as daar ’n wolk oor jou kop hang.”
Mnr. Randall Howard, hoofsekretaris van Satawu, ondersteun egter die opheffing van Gama se skorsing.  “Mnr. Gama bly ons voorkeurkandidaat vir die pos van uitvoerende hoof van Transnet. Die skorsing is ’n heksejag teen hom en gaan nie oor bewyse nie. Waarom het dit dan twee jaar geduur vir hulle om ’n klagte teen mnr. Gama in te dien?”

Howard sê die feit dat Gama ’n dissiplinêre rekord het, moenie teen hom tel nie. “Die saak van verlede jaar is al gebêre en enige vorige klagte teen hom is nie nou meer van toepassing nie.”


Die direksie van Transnet veroorsaak net onstabiliteit met die ondersoek na Gama, sê hy.
“Ons glo niks van die klagtes teen hom is waar nie en het die volste vertroue in mnr. Gama se vermoë om Transnet te lei.”

Sake24 kon nie met Gama of sy prokureur in verbinding tree nie. Transnet wou ook nie reageer op herhaalde navrae oor Gama se dissiplinêre rekord nie. Die maatskappy se woordvoerder het gesê Transnet lewer nie kommentaar op dissiplinêre rekords nie.

2009/09/07 03:04:00

AM James-Brent Styan 

 

You must have Flash Player installed in order to see this player.
UTATU Committee Representatives

The Labour Report

Apply for Membership

Alaska

Who's Online

We have 43 guests online
You are here  : Home About UTATU Our Partners
Potjiekos

Voetplaatpark

UTATU's own holiday resort! Members qualify for discounted rates.
» Read more

Got Something to Say?

Login or register and join discussions on our Forum or start your own topics.
Read more...